BESONDERSE WOORD VAN DANK AAN
KZN NCA Reaksie Hoof en lede vir die rol wat julle gespeel het om ons mense veilig te hou en misdaad te bestry!

George (Hoof)

Hannes
Gustav
Johan
Theuns
Hannes

12/13 Julie 2021
18.00 Groot massas wat Marburg by Port Shepstone begin binnekom. Reaksie lede en gemeenskap tree in om KFC te beskerm. Na ongeveer 2 ure beweeg die massas terug.
20.00 Berig ontvang van groep wat nou beweeg in rigting van die Caltex vulstasie by Tongazi.
Terselfdertyd is daar ‘n groep wat Hibberdene besig om binne te kom.
Ander groep ook besig om Seaslopes te probeer inkom.
Ook op dieselfde tyd, was daar ‘n groep wat die KFC Gamalakhe geplunder en aan die brand gesteek het.  Hulle het die drankwinkel langsaan ook geplunder en verwoes.
Almal het goed vas gestaan en hulle terug gedryf.
21.00
Groepe probeer nou op ander plekke om oor die snelweg te kom om Malls te plunder. Reaksie lede tesame met CPF, MASER EN WOLF Sekuriteit het uitstekende verstand gebied orals en massas terug gehou.
Intussen het n ander groep dit reggekry om in Port Shepstone in te kom en hom te plunder. Lede was op ander punte bedrywig.
Ook het ‘n groep by ‘n baie klein SAPD groep verby gekom en Port Edward aangeval en die Spar en Tops beroof en geplunder. Asook die KFC was geplunder in Port Edward.
Groep het weer Hibberdene binnegekom en begin plunder. Manne was versprei weens gelyktydige aanslagte op verskillende plekke.
22.00
Indiër gemeenskap neem oor en versper pad met brandende bande om groepe terug te hou.
23.00
Plus minus 300 Looters begin aan anderkant van snelweg naby Masenenge bymekaar kom. Hulle beweeg in rigting van Manaba Beach. Reaksie lede en gemeenskap staan vas by Brug na Manaba en hou Looters aan anderkant van die brug.
SAPD en Mazer arresteer ‘n klomp plunderaars by Seaslopes.
Dit het daarna begin stil raak en groepe het terug beweeg.
Klein groepies wat rondbeweeg het was gearresteer.

Durban Sentraal.
Groot groepe het Durban Sentraal binne gebring en begin om winkels en besighede te plunder. Groot skade is aangerig.
Hulle het ook die Spar op voorstrand binne gegaan en geplunder.
Durban ook verspreide aksies. Groot groepe het Springfield area ingegaan en baie winkels en besighede geplunder en verwoes. Makro en apteek was ook geplunder.

14/15 Julie
SAPD en SANDF versterkings arriveeer op Natal se Suidkus.
Sporadiese insidente waar groepe weer probeer om hoof sentrums binne te kom maar weereens was hulle terug gehou deur almal teenwoordig.
Port Edward was weer betree en geplunder. Versterkens van Indiër gemeenskap arriveer ook. Plunderaars is gestuit en het terug beweeg. Baie skade aan meeste en besighede.

Bluff Durban.
Ons het hier berigte ontvang dat omdat ons gebied nog nie geplunder is hulle vannag sou kom. (14 Julie). Ons het ongeveer 1400 man sterk gemeenskap bymekaar gehad wat padblokades opgerig het en al vanaf Maandag nag  beman was. Dagskof was ook in plek.
Woensdag nag, 14/15 Julie het hele paar groepe dan ook probeer inkom. Hulle was gekeer. George het beweeg tussen 3 ingangs punte om situasie dop te hou. Dit het so gegaan deur die loop van die nag.
Oggend van 15 Julie ontvang ek berig van ‘n groot groep wat oppad is na ons 1 ingangs punt. Versterkings word geroep om te beweeg na die punt. Daar gekom het plunderaars reeds by die brug gekom om in te beweeg. Gemeenskap, NCA Reaksie en Cpf’s het skare terug gedryf.

Dieselfde nag het plunderaars groot skade aangerig en besighede verwoes in Riverhorse Valley asook Queen Nandi Drive. Ook was Value Logistics by Cato Ridge geplunder en beroof.
Geen NCA KZN Reaksie lede, gemeenskapslede of SAPD was hier teenwoordig vir beskerming nie.

15/07/2021 Umlazi en Kwa Mashu winkel sentrums was ook beroof en aangeval. Daar was ook groot skade aangerig in die grootste deel van Empangeni. Richardsbaai en omliggende gebiede het ook groot skade gehad. In Pietermaritzburg was die Checker Hyper geplunder en beroof en daarna aan die brand gesteek.
Nagte van 15/16de was relatief stil maar Reaksie groepe was steeds teenwoordig.

18/19 Julie was ‘n plaas op die Suidkus aan die brand gesteek. Johan en groep was op die toneel en brand was onder beheer gebring.

Ek het op die oggend van die 16de Julie n dame en haar 4 kinders van die OVS vanaf Umhlanga begelei na die lughawe. Alles het veilig verloop en sy was veilig by lughawe en het later met Hoof van NCA gekontak om te sê sy is veilig in Bloemfontein.