1. Aanranding moontlike veediefstal, Lichtenburg, Noordwes

20/08/2021

NCA NW Buffels/Rooipoortjie Reaksie vra vir bystand omstreeks 02:09. ‘n Lid is deur sy werker gekontak, hy word aangerand en hy vrees vir sy lewe, hy meld ook dat hulle moontlik beeste kan steel. SAPD word ook ontbied.
Daar is tans ‘n krag onderbreking in die omgewing.  NCA NW Buffels/Rooipoortjie Reaksie en SAPD is op toneel, die werker het geen beserings en alles is in orde by beeste.   Staan af op toneel.  Die volgende oggend word verskeie items naby die toneel gevind wat gesteel sou word. SAPD word verwittig en die saak word ondersoek.

BAIE DANKIE

NCA NW Buffels/Rooipoortjie Reaksie
SAPD Lichtenburg

Scroll to Top