KZN Reaksie NCA

Tyd : 09:57
Datum : 14 May 2023

07:24 oproep van GPF lede gekry.

‘n Man lê in een van ons Kildare Buurt se “gully’s”.

Ek het daar aangekom en die man lê in die water en bewe.

Ek en die GPF lid wat my gebel het, haal toe die man uit die water uit en kon toe sien hy is al ‘n hele ruk in die koue water.

Ons skuif hom toe uit na warmer en plat area toe.

Begin met First Aid.

Sny al sy klere af en maak hom in Rescue blankets toe en gee hom vloeistowwe om te drink , bel toe Ambo deur Namola en het hulp gekry van EMRS binne 20 minute.

Pasient is stabiel, en redelik in skok.

Op pad Staats Hospitaal toe.