1. Bystand word aan dames verleen langs die pad, Magaliesburg, Noordwes

1 Maart 2020
14:14

NCA Reaksie Hoof, Faan Swanepoel, is gekontak nadat twee dames (NCA lede) 10km buite Magaliesburg, rigting Derby, ‘n slaggat getref het wat veroorsaak het dat die voertuig se voorwiel bars.
Faan het onmiddelik kontak gemaak met Duppie wat dadelik een van Oostermoed Beskermingsdienste lede uitgestuur het om vir die dames die spaarwiel op te sit. Die dames is gehelp en kontak is met hulle behou tot hulle veilig hulle bestemming bereik het.  Die dames het hulle opregte dank aan NCA en Reaksie lede betuig wat hulle bygestaan het.

BAIE DANKIE

Faan Swanepoel, NCA NW Reaksie Hoof
Duppie, NCA NW Reaksie en
Oostermoed Beskermingsdienste

Scroll to Top