NCA NW REAKSIE
RUSTENBURG

Die middag van 31/03/21 om en by 15h15 het Pieter Esterhuizen ń oproep ontvang, van sy vrou, waar melding gemaak is van ‘n man’s persoon wat ‘n pitbull mishandel.  Die hond word in die pad af gesleep en aan sy pote rond gedra. Die verdagte het in beweeg by Boomsmith Engineering in Tuin Straat Rustenburg. Met Pieter se aankoms op toneel het hy  5min gewag dat Riaan van Rustenburg DBV arriveer. Met sy aankoms het hulle ingegaan en met persoon gepraat.
waDie verdagte was baie arrogant en agressief.  Hulle het waargeneem dat die hond moontlik kop trauma opgedoen het aangesien hy kort-kort styfgetrek het en nie kon loop nie.
Riaan het hom gevra dat hy asseblief die dier vrywilliglik moet afteken en oorhandig omdat daar duidelik fout is met die dier. Hy het geweier en die eienaars van die besigheid het hulle gevra om sy perseel te verlaat.
Hulle het buite op die sypaadjie gewag vir die persoon om uitkom en met sy verskyning het hy hulle gevloek.
Hulle het hom stadig gevolg tot in Kock straat omdat Riaan besig was om SAPD bystand te kry.
Daar is ‘n laaste slag gepoog dat by hy die hond vrywilliglik oorgee. Hy het baie agressief geraak en Pieter se vrou in haar gesig gestamp en haar vinger gesny. Vermoed dat hy dalk reeds ‘n mes in hand gehad het. Pieter het hom dadelik genader en hy het hom aangeval. Die man was gewapen met ‘n mes en ‘n wapen.  Na nog ‘n aanvals poging het hy die hond oorgegee en vrywillig afgeteken aan die DBV.
SAPD het op die wapen met 2 magasyne en 2 messe beslag gelê en het die saak oorgeneem en om 18h00 staan hulle af op die saak.

BAIE DANKIE

Riaan van DBV
Rustenburg SAPD
Boet Vermaak NCA NW Reaksie & K9 Eenheid
Marc Nel NCA NW Reaksie
Boela Vermaak NCA NW Reaksie en K9 Eenheid
Pieter NCA NW Reaksie en almal wat ook kom bystand bied het.