1. Gewapende roof, Rustenburg, Noordwes

Gewapende roof
Rietvlei Rustenburg
08/04/2022
09:47

‘n Oproep is ontvang dat daar ‘n gewapende roof op die hoek van die R104 en Ottoman weg te Rietvlei plaas gevind het. NCA NW Reaksie lede het op toneel gearriveer en ‘n SAPD Phokeng K9 lid, was reeds op toneel.  Daar was twee mans, swaar gewapen, wat ‘n ander man geskiet en geroof het van kontant en sy selfoon waar hy vir ‘n Taxi gewag het.

Nog 8 lede van SAPD Phokeng K9, het met behulp van ‘n spoorhond die veld begin deursoek waarin die voortvlugtiges gevlug het.  Lede van CPF, NCA en SAPD het die paaie begin patroleer.  Die soektog is gestaak toe die spore in Phokeng te veel geraak het.

Dankie aan Phokeng K9 Unit vir hul vinnige optrede, sowel as al die instansies betrokke wat bystand gelewer het.

Scroll to Top