1. Messteek, Rietvlei, Rustenburg, Noordwes

Messteek 24/05/2021
Rietvlei

Omstreeks 07:27 het Trudie Vermaak ‘n oproep gekry van een van haar werkers dat ‘n persoon op ons gronde gesteek is met ‘n mes en hy benodig SAPD om ‘n saak te maak.

Trudie, Boet en Boela Vermaak het gereageer en die klaer op hulle grond gekry waar hy vir hulle sy meswond aan sy hoof gewys het en gevra het vir hulp om ‘n saak te maak.

Ek het NAMOLA gedruk en Naas het my dadelik gekontak en die nodige vrae gevra waarna hy my inkennis gestel het dat hy Phokeng SAPD sal stuur.

Gideon, NCA NW Reaksie, het saam met SAPD opgedaag waar SAPD die beskuldigde ondervra het, hom geboei het en te same met die klaer aanklagkantoor toe geneem het. By die aanklagkantoor het SAPS egter agtergekom die klaer is ‘n uitlander wat geen identifikasie het nie. Volgens die Sersant wat opgedaag het kon daar geen saak oopgemaak word nie.
Die beskuldige is deur die SAPD gewaarsku en vrygelaat.

BAIE DANKIE
Naas (NAMOLA)
Gideon NCA NW Reaksie
SAPD Phokeng

Scroll to Top