9 Januarie 2022
06:05
‘n Oproep word ontvang van een van ons plaasboere se vrouens, waar sy meegedeel het dat daar ’n motor ongeluk so 500 meter van hulle huis af was. NCA GP Reaksie het reageer na die toneel. Met die aankoms daar is een voertuig gevind wat die pad verlaat het en gerol het. Die plaasboer wie se vrou my gekontak het was op toneel en hy het aan my meegedeel dat hulle die dame uit die voertuig verwyder het, as gevolg van die feit dat die voertuig aan die brand was. Hy het die brand geblus gekry. Die Distress Alert Ambulans van Gladiator het net na NCA op toneel gestop en die dame ge-assesseer. Net daarna het die GPG Ambulans ook op toneel gestop. Hulle het oorgeneem by DA Ambulans, omdat daar geen mediese dekking was nie. Die GPG het die dame vervoer na die Carletonville Hospitaal. Haar man het slegs ligte besering aan sy regter hand op gedoen. Die DA Ambulans het hom versorg. Die voertuig is verwyder en die man is deur ’n vriend opgelaai.
BAIE DANKIE
NCA GP Reaksie
Afriforum
GPF
Droogtes Insleep dienste
Fochvlle SAPD
DA Ambulans
GPG Ambulans