KZN Reaksie NCA
2 Januarie 2023
Mooi Rivier

NCA Reaksie lid van Mooi Rivier ontvang via radio ‘n boodskap van plaasboer wat n hartaanval gehad het.
Hy het dadelik na die toneel gegaan.
Hulle moes ongelukkig deur rivier swem want laagwater brug was nog gesluit weens vloede.
Op toneel het hulle onmiddelik “CPR” toegepas en nood dienste ontbied.
Nood dienste het vir 7 ure gesukkel om deur te kom, selfs met ‘n Jet-Ski probeer rivier langs gaan om hulp te verleen maar sonder sukses.
NCA Reaksie lid het by die pasient gewaak.
Die volgende oggend kon nood dienste eers ‘n Helikopter stuur om hulp te verleen.

Pasient is na Pietermaritzburg Hospitaal geneem en sover is hy nog stabiel.

Baie dankie vir almal betrokke