KZN Reaksie NCA
01/03/2023
11:44
Omstreeks 10:25 op 27/02/2023 het KZN Reaksie lid ‘n nood oproep ontvang vanaf nood kanale oor ‘n ongeluk te N2 Umzumbe. Hy het onmiddelik reageer en uitgegaan as nood personeel om te gaan hulp verleen op die toneel.
Omstreeks 10:45 het Reaksie lid op toneel arriveer en was die eerste Ambulans op toneel. Daar is onmiddelik bevind dat dit ‘n ernstige ongeluk was. Dit was ‘n kop-aan-kop botsing.
Hy het hulp ontbied op die Distrik nood kanaal en die brandweer, polisie en Law Enforcement ontbied sowel as ander Ambulans dienste.
Met die ongeluk self was daar 2 voertuie betrokke en was daar in die een voertuig 2 mans vasgekeer voor in die voertuig, as gevolg van die impak.
Brandweer het die voertuig gesny om by die pasiënte uit te kom. Nadat Reaksie lid nood dienste ontbied het en begin behandeling verleen.
Na 10 minute op toneel het ander Altesaam 4 Ambulanse was op toneel om hulp te verleen aan die pasiënte.
Die pasiënte was kritiek en ernstig beseer in die voorval.
Albei drywers het ongelukkig hulle lewens verloor.
Die passasiers van die een voertuig was in kritieke toestand, en dus het paramedici op toneel ‘n helikopter ontbied om die pasiënt te vlieg na n hospitaal toe in Durban. Altesaam was daar 5 pasiënte op toneel waarvan 3 kritiek was en een ernstig beseer is. Polisie en Law Enforcement het die pad toegemaak nadat ambulanse die helikopter bevestig het.
Reaksie lid wil almal bedank op toneel vir hulle professionele diens en flinke reaksie.
-SAP Port Shepstone
– KwaZulu Privaat Ambulans dienste
– MedEvac Ambulans dienste
– MI7 Ambulans dienste
– EMRS (Goewerment) Ambulans
– Law Enforcement Port Shepstone
– Brandweer
– Netcare 911 sowel as hulle Helikopter wat n pasiënt gevlieg het.