KZN Reaksie NCA
Suidkus
06/04/2023
Omstreeks 13:30 het Reaksie lid ‘n nood oproep gekry vanaf ‘n nood groep oor ‘n ongeluk te P200 by Sweetdale Farm in Uvongo, Laer Suid Kus, KwaZulu Natal.
Reaksie voertuig het binne 3 minute op toneel afgestaan waar dit onmiddellik bekend is dat dit n ernstige ongeluk is.
Reaksie lid te same met ander Ambulans dienste het toe begin om die pasiënte te behandel waarvan 5 P3’s was (minimale beserings) en 1 P4 (oorlede) was.
Die 5 pasiënte is op toneel gestabiliseer en na nabygeleë Hospitale geneem vir verdere behandeling.
Oorsaak van die ongeluk is onbekend en dienste sal verdere ondersoek instel.
NCA KZN Reaksie wil net die volgende mense/dienste bedank vir hulle flinke en professionele diens:
– KwaZulu Privaat Ambulans dienste
– MedEvac Ambulans dienste
– MI7 Ambulans dienste
– Brandweer
– Law Enforcement
– RTI