Sondag 13/3/2022 om 16:10 het NCA NW Reaksie hoof ‘n boodskap gekry van iemand wat bystand nodig, by Rudan (Engen) vulstasie wat onderweg is van Ellesras na Carltonville. Die voertuig se “V” belt het gebreek. NCA Reaksie het reageer sodat daar darm iemand by hulle is. Intussen is daar vir lede in die dorp gevra of daar nie dalk iemand is met ń tweedehanse belt nie. Hulle kon nie so regkom nie en het bietjie rondgery en soek vir onderdele handelaars, maar almal was reeds toe. Die gestrande voertuig eienaar het meegedeel dat vriende op pad was en dat hulle die voertuig gaan insleep. Twee lede het agter gebly om te seker te maak hulle verlaat die toneel veilig. NCA NW Reaksiehoof en sy vrou staan af om 17:00.

Baie dankie vir almal se hulp en bystand.