KZN Reaksie NCA
19:47
17-09-2023
Suidkus
Om 15:58 het ‘n nood oproep deurgekom oor mense wat in die see ingetrek is te Marina Beach wat geleë is net Suid van Southbroom, Laer Suidkus KwaZulu Natal.
Reaksie lid het reageer op die nood oproep en om 16:09 afgestaan op toneel waar dit bevind is dat 7 pasiënte beseer is deur ‘n frats ongeluk.
Die mense was besig om by ‘n welbekende Restaurant Mariners te eet en tyd saam familie te spandeer toe ‘n skielike spring gety golf die Restaurant binne dring.
Almal insluitend Restaurant personeel het hulle pad dieper in die Restaurant gemaak en gedink die gety gaan sak en bedaar, min wetend dat die volgende golf wat in kom dubbel die grootte gaan wees.
Die 2de spring gety golf was +-10m in hoogte en het binne die Restaurant ingedring sonder waarskuwing en met skielike krag.
Toe Ambulanse opdaag op toneel was die pasiënte reeds op die sy paadjie gevind van die ingang van Marina Beach se Hoofstrand.
Al 7 pasiënte is onmiddellik behandel toe Nood dienste opdaag.
Alle pasiënte was ernstig beseer.
Niemand kritiek of oorlede nie.
Reaksie lid het ook hulp gevra van ander Suidkus Reaksie lede om die mense van die strande weg te neem as gevolg van ‘n waarskuwing wat uitgereik is deur die SA Weerdiens oor spring gety en die see wat baie onvoorspelbaar optree.
Suidkus Reaksie lede het die waarskuwing ernstig opgevat en Margate, Shelly Beach en Uvongo strande gaan skoon maak en mense gewaarsku om weg te bly totdat die see en oseaan beter optree.
Veiligheid kom altyd eerste.
Bedankings:
– Surf Rescue/Life Guards te Marina Beach wat 4 mense uit die water getrek het en verdrinkings voorkom het
– MI7 Ambulans dienste
– KwaZulu Privaat Ambulans dienste
– EMRS
– Reaksie lede NCA wat gaan verseker het dat die strande en toneel beveilig is.
Ons vra en maan mense aan om waarskuwings ernstig te neem, veral Weer waarskuwings wat ‘n bedreiging kan veroorsaak.