27/06/2022
21:30
NCA NW Swartruggens Reaksie lid was uit op patrollie in die Moedwil area toe ‘n oproep ontvang is van ‘n brand op ‘n plaas op die Kosterdam pad. ‘n Stoor met gras bale en voer asook ander elektriese masjiene en toerusting is in die brand vernietig. Daar was baie hulp en 4 vuurvegters wat die vuur vinnig onder beheer gebring het. Daar was onder andere ook gasbottels wat begin brand het. Geen beserings is opgedoen nie. Daar word vermoed dat daar moontlik ‘n stuk draad in een van die sakke voer beland het, nadat hulle vroeër die dag met ‘n hammermeul voer gemaal het en moontlik in die sak gesmeul het.
BAIE DANKIE
NCA NW Swartruggens Reaksie en almal wat betrokke was.