01/02/2021

Ongeveer 10:00 het ‘n Reaksie lid van NCA Noordwes stilgestaan in Nelson Mandela Rylaan om regs in Krige Laan te draai om vir ‘n aankomdende voertuig te wag wat van vooraf gekom het met ‘n indikasie flikker om ook in Krige Laan te draai. Twee mans het tot na aan haar voertuig vanuit die skuinsparkering langs die pad gestap. Een het voor haar voertuig ingespring en haar gestop terwyl die ander een gaan sit het by die voorwiel en sy enkel vasgehou het. Die Reaksie lid het gedraai en by die naaste parkering gestop aangesien die mans om die vrou se kar gedrom het en ook ander omstaanders nader gestaan het. Daar is bystand ontbied na die toneel en voordat SAPD in kennis gestel kon word het ‘n SAPD voertuig daar verby gery. Die SAPD lede het te kenne gegee dat hulle van Mahikeng afkomstig is en voogestel dat die betrokke partye na Lichtenburg SAPD moet gaan.
Intussen het Johan van Eeden (NCA NW Reaksie/EMS) ook op toneel opgedaag om bystand te lewer.
Hy het die mans gevra waar die voertuig hulle getref het die man wat beweer het dat hy raak gery was en dat die agterste deel van die voertuig hom omgery het.
Johan het die twee mans en die dame vergesel na Lichtenburg SAPD waar die twee mans te kenne gegee het dat hulle nie ‘n saak gaan maak nie. NCA staan af op die saak.

BAIE DANKIE

NCA NW Reaksie lede
EMS
SAPD Mahikeng
SAPD Lichtenburg