25 Maart 2022

‘n Veediefstal-sindikaat wat vermoedelik verantwoordelik is vir honderde gesteelde skape sedert September verlede jaar, is net na half twee Vrydagoggend buite Bloemfontein op heterdaad betrap. Veertig skape is terug gevind waarvan ongeveer vyf reeds dood was. Volgens een van die mans wat die veediewe help vastrek het, is die skape se pote wreedaardig met draad vasgebind voordat hulle bo-op mekaar agter op ‘n bakkie gestapel is. Die oopvlek van die sindikaat was ‘n reuse spanpoging van die Estoire en omliggende Buurtwag, Vaal-suid, Estoire Gemeenskapspolisiëringsforum, Navalsig-polisie, die veediefstal-eenheid, die blitspatrollie, private sekuriteitsmaatskappye en National Crime Assist. Twee verdagtes is in hegtenis geneem en twee ander het te voet die veld in gevlug.

Baie dankie aan al die betrokke partye