Inligting word ontvang van ‘n verdagte trok wat lyk soos een wat vroeër aangemeld was as gesteel. SAPD is in kennis gestel. NCA OVS Reaksie lede en Kroonstad Buurtwag lede het die trok ingewag en voorgekeer. Kroonstad SAPD en Highway patrol was vinnig op toneel.
Bestuurder van trok was onsteld aangesien dit ‘n misverstand was.
Ons het aan hom verduidelik dat dit baie goeie reaksie sou wees as dit sy voertuig was wat gesteel was en moontlik terug gevind kon word.
Die maatskapy se naam en besonderhede is duidelik op die voertuig aangebring. Hy kon ook n goeie verduideliking gee van waar hy vandaan kom en waarheen hy oppad is.
SAPD het die registrasie nagegaan en alles is in orde gevind.
BAIE DANKIE
Kroonstad NCA OVS lede
Kroontstad Buurtwag
SAPD, Highway Patrol en Trok drywer vir samewerking.