WK Reaksie NCA
24/02/2023
Reaksie lid is gekontak deur ‘n vader wat sy seun as vermis deurgee.
Die kind het ‘n dwelm probleem en die vader is baie bekommerd.
25/02/2023
n Uitkyk is uitgestuur met die nodige inligting.
Binne minute was daar 3 reaksies op die uitkyk.
‘n Dame het Reaksie lid gekontak waar sy in parkeer area was van ‘n winkelsentrum. Die seun was in sy voertuig wat langs haar geparkeer het.
Die dame is gevra om asseblief daar te bly en net n oog oor die seun hou.
Hy het intussen gery waar sy hom gevolg het en verloor het by ‘n verkeerslig.
Ander inligting het ons gelei na sy woning.
Die Adres is bevestig as die seun sn.
Die vader word gekontak om voertuig te bevestig asook dat dit sy seun is.
Die vader wil nie verdere optrede volg nie en deel ons mee dat hy self na Gordonsbaai sal reis en die situasie sal hanteer.
Vader bevestig later dat seun terug is by sy tuiste.
NCA staan af en bedank almal betrokke.