07/07/2021
20:00

Bystand word gevra vir 'n moontlike plaasaanval te Tzaneen.  CP 38 kry die nodige besonderhede en kom in kontak met Letaba Sekuriteit.  Daar word vele pogings aangewend om met die klaer in kontak te kom, maar onsuksesvol.  SAPD en Ambulans word deur mede lede geaktiveer om bystand te lewer.
Die virtuele baken (pindrop) verskaf is voermoedelik ook foutief en verdere pogings word aangewend om met die klaer in kontak te kom. 
Klaer gee terugvoer dat hy met die aankoms by sy huis 3 verdagtes op sy erf betrap het en dat hulle probeer inbreek het, maar dat dit onsuksesvol was.  Die verdagtes het gevlug.   Geen beserings is opgedoen of skade is gely nie.
Alle betrokke partye het terugvoer gelewer en die insident is veilig verklaar.  SAPD was ook op toneel

BAIE DANKIE
NCA Reaksie Limpopo Hoof Christo (CP38)
NCA Reaksie Limpopo Lede:
Wian, Marius, Gideon, Deon S2, Johan JW20, Ricardo en Atch (oud lid)
NCA Kommunikasie:
Mariette en Suzaan
Towing company, Derrick -NCA-
Letaba Security, Francois
Breedt Security, Shaun
K9 Security 
SAPD Tzaneen
Ambulans dienste