1. Vrou word na veiligheid geneem, Kemptonpark, Gauteng

03/07/2022
22:15

Lid ingeroep: Het hulp nodig met vrou wat loop op hoofweg in Gauteng.
NCA Koördineerder het lid privaat gekontak en nodige inligting gekry. Kontak gemaak en vas gestel sy loop op Atlas Road naby Kemptonpark. ‘n NCA Reaksie lid is gekontak en hy het dadelik beweeg na die dame nadat die nodige inligting aan hom verskaf is. NCA Koördineerder was voordurend met familie in kontak wat vanaf Pretoria op pad was om haar te kom haal. NCA GP Reaksie lid het haar vinnig opgespoor, opgelaai en na ‘n veilige punt beweeg, waar hul op familie gewag het wat haar kom haal. By hul aankoms is sy saam met haar familie. NCA staan af op die saak.

BAIE DANKIE

NCA Koördineerder
NCA GP Reaksie

Scroll to Top