20/04/2022
15:00
Hulp is aangevra nadat ‘n dame in ‘n winkel in die Valley View Winkelsentrum onsedelik betas is deur ‘n 21 jarige man waarna hy gevlug het. Die man het egter later teruggekom waarna die dame hom gekonfronteer het. Die man het gemeld dat dit nie hy was nie, maar sy tweeling boetie. Die dame het aangedring om die boetie te spreek en hy het die dame na die badkamers toe gelei om die boetie te spreek. Sy het begin om ‘n video te neem, met haar foon, van die voorval. Die man het daarteen geprotesteer, haar begin rond ruk en sy het ‘n hou op die oog gekry. Omstaanders het probeer keer maar die poging wasonsuksesvol. Met aankoms op toneel is die saak oorhandig aan NCA GP Reaksie. Die man het ontken dat dit hy was en die dame het verduidelik en die video opname is ter inligting gespeel. Die jong man is na die Sekuriteits kantore geneem. Die dame is na ‘n dokter geneem wat in die Sentrum was en die Dr het die nodige dokumentasie ingevul. Die dame het meegedeel dat sy ‘n saak van Seksuele teistering en aanranding gaan oopmaak by Krugersdorp SAPD. Die jong man se ouers en sielkundige het opgedaag en die man is na ‘n hospitaal geneem om die nodige behandeling te verkry.
BAIE DANKIE
NCA GP Reaksie
Valley View Winkelsentrum Sekuriteit
Almal wat mediese hulp verleen het