NCA NW REAKSIE
SWARTRUGGENS

18 FEBRUARIE 2021

Omstreeks 8:30 het ons ‘n nood oproep ontvang deur Timothy Zietsman NCA lid. Sy broer het hom verwittig dat n vriend se broer en die vriend se seun verdwyn het. Laaste kontak was 23:15, 17 Februarie 2021, na hulle sonder brandstof gaan staan het net buite Rustenburg. Tinus Nell NCA, het die vorige aand brandstof voorsien. Die twee persone was op pad Zeerust toe na ‘n ouer.

Sarel de Klerk, Cinda De Klerk, Timothy Zietsman en Dyllan Young, almal NCA NW Reaksie – SERA span, het reageer. Lede van Rustenburg en Koster was ook gereed vir bystand.
Toe Sarel brandstof ingooi het Cinda ‘n oproep ontvang van ‘n gemeenskapslid wat gesê het die voertuig staan net voor die myn op die Lyndleyspoort pad. Die span is dadelik uit daar heen.

Baren Coetzee en die broers kind Ewald Coetzee is ongedeurd gevind langs die pad. Sarel het dadelik die voertuig gehak om ingesleep te word en Nico ook ‘n NCA-SERA lid wat ook ‘n motorwerktuigkundige is, in kennis gestel, hy het reeds by Sarel se huis gewag, sodat hulle kon kyk wat fout is.

Die twee mense is koffie en ontbyt gegee, aangesien hulle die hele nag langs die pad was en ook daar geslaap het. Selfone se batterye was pap en niemand kon hulle kontak nie.

BAIE DANKIE

Sarel NCA NW Reaksie – SERA
Cinda NCA NW Reaksie – SERA
Timothy NCA NW Reaksie – SERA
Dyllan NCA NW Reaksie – SERA
NICO NCA NW Reaksie – SERA
Faan NCA NW Reaksie Hoof
Ben NCA Hoof
Tinus Nell NCA NW Reaksie
Timothy Strydom NCA NW Reaksie
En almal wat op bystand was.