NCA NW Reaksie
Rustenburg Noord Wes
Wessel Heymans en Renier Visagie het verby Hoërskool Rustenburg gery omstreeks 00:00 op Dinsdag Oggend die 23/02/2021 en gehoor hoe mense fluit aan die agterkant van Hoërskool Rustenburg reg oorkant Kwaggaspan. Hulle het ondersoek ingestel en gevind dat Hoërskool Rustenburg se sekuriteit CST besig was met hulle honde om 3 verdagtes agterna te sit, wat die perseel betree het en by die netbalbane se stoor in te breek. Hulle het probeer om ‘n 50L Compressor te steel saam met n Microgolf en paar los goed, maar vinnig optrede het die verdagtes se planne in die wiele gery. Hulle het die heining gebuig en is daaroor in die rigting van Kwaggaspan. By die heining is vasgestel dat hulle alreeds waarskynlik vroeër die aand besig was om die kragboks reg buite die skool te stroop vir koper. SAPD is ontbied en hulle het aanbeveel dat die Munsipaliteit ‘n saak moet oopmaak vir die koperdiefstal. Hulle het gereedskap op toneel gekry en saam geneem vir vingerafdrukke. Die verdagtes het slegs ‘n paar koperstawe van die kragboks gebuit. Wessel Heymans en Renier Visagie het afgestaan om 00:45.
BAIE DANKIE
SAPD Rustenburg vir vinnige optrede, ARS en CST sekuriteit.
Renier Visagie en Wessel Heymans van NCA NW Reaksie