GP Reaksie NCA

Ongeluk op KHS-stopstraat.
Vrydag 13 Oktober 2023

 

Voertuig botsing het gebeur 20:10 en botsing op geklaar is 21:10

In Mogale City het ‘n voertuig agter in ‘n ander voertuig vasgery.

Gelukkig was daar geen beserings in beide voertuie nie, maar die tieners in die betrokke karre was geskok.

Die toneel het binne oomblikke ‘n gesamentlike inspanning van hulpdienste ontketen.

Mogale Traffic, First Help Towing, en EC Sekuriteit het vinnig opgedaag om bystand te bied en National Crime Assist was ook teenwoordig om die situasie te hanteer.

Nadat alles opgeklaar was en die voertuie verwyder is, kon die gemeenskap na ‘n ongelukkige voorval terugkeer na ‘n normale dag.