19 Januarie 2021
Tyd: 13:50
Ek is gekontak deur GPF Lichtenburg oor ‘n Combi wat vermoedelik gesteelde goed by hulle het. Hulle was besig in Lichtenburg en toe hulle die mense gewaar het hulle weggejaag, rigting Koster. Ek het Koster SAPD en Verkeer genader om te help om hull af te trek, die verdagtes het egter nie hulle verskyning gemaak nie.
Ongeveer 15:57 is hulle opgemerk deur ‘n TPA werker en is hulle gevolg op die N4. Bystand is gevra van SAPD Rustenburg. Kon egter nie hulp kry nie en TPA het afgestaan. ‘n Half uur later het SAPD laat weet die Combi is gekry asook ‘n Mercedes wat saam met hom was. Daar is parte en bande gekry by hulle. SAPD Rustenburg het die saak verder hanteer en ek staan af.
BAIE DANKIE
Rosette Schoeman NCA NW Reaksie/GPF
Koster SAPD, Verkeer, TPA en Rustenburg SAPD