Datum: 19 Januarie 2021
Willie Human het ń boodskap ontvang van ‘n dame dat daar ń ou blou Toyota voertuig voor hulle hek was. Twee mans het uitgeklim. Die dame se man het hulle gekonfronteer. Hulle het gesê hulle is daar om die ADT Sekuriteits alarm te herinstaleer. Die dame het vlink gedink ADT gebel wat bevestig het dis nie so nie. Hiermee het sy haar man ingelig en ook fotos openlik geneem. Die een man het haar uitgelok om die foto voor hom te kom neem. Haar man het hulle aangesê om die perseel te verlaat, waarna hulle wou stry, tot sy die paniek knoppie gedruk het. Hulle het toe oorkant die pad in die veld gestop. Ek het ADT opgemerk in die area terwyl ek die area deursoek het vir die verdagte voertuig en persone sonder sukses!
NOTA: Dit is die tweede geval in twee dae, gister 18 Januarie 2021 in Cashan. Die huise wat geteiken word het borde op van hulle sekuriteitsmaatskappy.
NCA NW Reaksie Span bedank graag:
– Ammaar (ERT Rustenburg) vir die informasie dat die verdagte voertuig al ‘n geruime tyd in die omgewing berywig is.
BAIE DANKIE ook aan
Willie Human NCA NW Reaksie & K9 Eenheid