Dinsdagaand 19/01/2021
Ongeveer 23:45 is ‘n boodskap van Johan Cronje van die DA ontvang, oor moontlike kabel diefstal regoor 3 Ankers by die hoenderplaas. Op toneel is daar definitief bevind dat daar ‘n poging aangewend word om krag kabel te steel. Die kabel was besig om te brand as gevolg van iemand wat n vuur gemaak het onder die kabel. Dit het veroorsaak dat die krag op sekere dele van Rietvlei afgegaan het. Boet, Boela en Johan van NCA NW Reaksie is ontbied vir bystand. Boet het inligting gekry dat die verdagtes in ‘n wit dubbelkajuit bakkie weg gevlug het op, die N4, in die rigting van Swartruggens. Die area is nie te min gefynkam, maar het niks opgelewer nie. Ongeveer 01:45 op Woensdag 20/01/2021 het ons afgestaan op die toneel.
BAIE DANKIE
Johan Cronje DA Raadslid
Boet Vermaak NCA NW Reaksie & K9 Eenheid
Boela Vermaak NCA NW Reaksie & K9 Eenheid
Johan Wannenburg NCA NW Reaksie
Dawie Erasmus NCA NW Reaksie/RCCF