15. Oorstromings, Loch Vaal, Barrage area, Gauteng

NCA REAKSIE – VERSLAG: 2021-01-17
Opgestel deur MICHAEL KEEVE (Mike Kilo)
(DUNCANVILLE, VEREENIGING, GAUTENG)

OPSKRIF: VLOED/OORSTROMINGS
DAG & DATUM: Saterdag 2021-01-16
TYD: 03:30 tot 12:00
PLEK: Bloempark plotte/kleinhowes – Loch Vaal, Barrage area (Loch Ave tussen die R42 en die Potchefstroom pad)
SAPD – SAAKNOMMER: Geen
VERSLAG:
Op die bogenoemde dag en datum om 03:30 het ek berig ontvang van ‘n inwoner van plot 10 Bloempark dat die Klein Rietspruit en die Rietspruit self wat in die Vaalrivier inloop weer hulle walle oorstroom agv reën in die area en ook areas hoër op wat deur die nag swaar reên gekry het. (Dieselfse situasie waarop die NCA betrokke was op 2 Januarie 2021). Die water het begin styg. Ek het telefonies van die mense gewaarsku van wat besig was om plaas te vind en verskeie mense het besluit om hul persele te verlaat. Die water het vining gestyg en om 07:45 het ek berig ontvang dat die kleinhoewes aan beide kante van Loch Avenue total oorstroom was. Ek is in kennis gestel dat ses volwasse mense en ook hul diere vasgekeer was in twee huise op Plot 10 Bloempark. Ek – Michael Keeve – het die hele situasie gemonitor namens NCA. Die nodige rolspelers is gekontak en hulp en bystand is verleen deur verskeie organisasie en instansies. Koördinering is gedoen met alle rolspelers. Die twee huise kon nie bereik word met enige vaartuie nie weens die sterk stroom en objekte onder die water. Die SAPD duikers kon daarin slaag om vier volwassenes na veiligheid te bring. Die twee bejaarde mense kon nie uitgebring word nie. Die SANW is gekontak wat ‘n Oryx helikopter na die toneel gestuur het. Die bejaardes is deur die SANW helikopter na veiligheid gebring, waar die bejaarde man mediese behandeling ontvang het deur paramedici van Netcare. Die DBV van Vanderbijlpark het ook gehelp om baie hone te red en het onderneem om tydelike huisvesting aan die diere te verleen. Tydelike verblyf, voedsel en heenkome is gereël vir die mense asook van die ander diere wat nie deur die DBV gehelp kon word nie. Die samewerking tussen die verskeie organisasie en rolspelers was weereens prysenswaardig en die situasie was suksesvol hanteer. Daar was geen NCA Reaksie lid fisies op die toneel nie, maar alle NCA Reaksie lede wat betrokke was het ontsaglike belangrike rolle vervul in terme van die reëlings, wat bygedra het tot die sukses van hierdie operasie. Altesaam ses mense en verskeie diere is op die toneel na veiligheid gebring.
NAME – NCA LEDE BETROKKE:
Michael Keeve (Mike Kilo), Chris Smuts (Charlie 4), Rudi Francis (Romeo 4), Sean du Plooy (Sierra Delta 222) en Deon van Rooyen.
ANDER ORGANISASIES/INSTANSIES BETROKKE:
SAPD Barrage, SAPD Vaalrand Watervleuel en duikers, Barrage CPF, Vanderbijlpark CPF, Sasolburg CPF, Vanderbijlpark verkeer asook Gauteng Provisiale verkeer, Vanderbijlpark DBV, JH Tactical Security, VRU, SANW – Lugmag met Oryx helikopter, ander sekuriteits maatskappye asook lede van die plaaslike gemeenskap.

Scroll to Top