NCA NW REAKSIE
RUSTENBURG

DIEFSTAL
Donderdag 1/4/2021 om 07:18 is daar op RCCF se Zello kanaal vir bystand gevra op die hoeke van Brink & Kock straat waar ń verdagte vermoedelik gesteelde visvang gereedskap probeer verkoop.
Leonie en André het dadelik reageer en die persoon vasgetrek.
Hy is na die perseel geneem waar dit gesteel was en die eienaar is gekontak.
Die eienaar het bevestig dat die verdagte by hom los werk gedoen het en hy moes dit dan reeds die vorige dag, toe hy daar gewerk het, gesteel het.
Goedere is afgeneem en die eienaar wou nie ń saak maak nie aangesien hy die goedere terug gekry het.

BAIE DANKIE

Leonie Swanepoel NCA NW Reaksie/RCCF en
André du Toit RCCF vir jul vinnige reaksie en bystand.