2. Diewe beweeg vinnig in Noordwes, Rustenburg, Noordwes

Datum: 02 Februarie 2021
Tyd ontvang: 13:29am
Tyd op toneel: ongeveer 13:33am
Langeberg Oord (Kompleks), Azaleapark, Rustenburg

Willie het die boodskap van ń Annelise GPF Rustenburg sektor 3 ontvang dat daar ń positwe inbraak was by die huis in Langeberg Oord die kompleks teen die berg. Die mense wat bo in die kompleks bly was gou dorp toe. Op pad terug huis toe het ń wit Toyota Corolla by hulle verby gery in die oord se area. Met hulle aankoms het hulle opgemerk dat die garage deur oop is en die deur van die garage na die huis oop gebreek is. Met menigte elektronise items ensovoorts gesteel.
So is dit ook bevestig dat dieselfde voertuig met 3 mans en 1 vrou voor ń huis,  laer af indie kompleks gestop het. ‘n Jong dame was tuis was en gedink het dit was ń familie lid het die verdagtes tegemoed gekom. Die verdagtes het die hek oop forseer en toegang tot die huis verkry teen die wil van die dame. Hulle het voorgegee om ń kwotasie te doen om die perseel te saniteer. Na hulle deur die huis is het hulle besluit om die perseel te verlaat. Sover ons weet was niks skade aangerig nie. Van hier af was hulle op in die oord toe die inbraak bo in die oord gebeur het.
Dieselfde voertuig en  vrou was positief geidentifiseer op CCTV fotos van twee ander rooftogte. Een gister 2021-02-01 in Klerksdorp omstreeks 19:20 soos vasgelê op CCTV. Vandag 12:30 in Azaleapark Rustenburg ook vasgelê op CCTV en weer vandag omstreeks 14:12 in Ventersdorp; die span beweeg vinnig!
Die voertuig en vrou is positief geidentifiseer en verbind deur twee ooggetuienisse en CCTV in Azaleapark vandag! Die beskrywing van die vrou kan ook verbind word met fotos op die ander insidente.

BAIE DANKIE
– SAPD Rustenburg
– NCA NW Reasksie
– Rustenburg GPF Sektor 3
– RTB Emergency Assist (en groep lede wat CCTV beeld verskaf het)
– ExtraSec Security

Scroll to Top