05/11/2021
22:50

NCA NW Reaksie beheer het kontak gemaak met ‘n NCA NW Reaksie lid en is geaktiveer en gevra om uit te beweeg na Coligny om ondersoek in te stel tot ‘n moontlike kaping van ‘n vragmotor. Koorsinaat pin is verskaf. En NCA NW Reaksie lid het uitbeweeg na die toneel. Op roete na die toneel het NCA NW Reaksie lid kontak gemaak met ons plaas sektor se beheer, ook NCA NW Reaksie. Hulle het deurgangs opgetree as primêre beheer en die nodige boodskappe herlei en as beheer oorsig gehou tot lid se veiligheid. Ongeveer 23:20 arriveer lid op toneel en gewaar ‘n voorhakker met sy 2 waens staan waar die N14 in die pad tussen Coligny en Lichtenburg aansluit. Coligny SAPD het ook gestop by die trok se neus en ondersoek ingestel deur met die drywer te praat. NCA NW Reaksie lid het verby beweeg en seker gemaak die toneel is veilig. Mnr Cobus van Tonder en ‘n SAPD “Flying Squad” voertuig het ook op toneek gearriveer. NCA NW Reaksie lid het homself geidentifiseer en ons het as ‘n groep ondersoek ingestel tot die voertuig. Die trokdrywer het aangevoer dat sy trok nie in rat wou gaan nie en dat daar ‘n battery probleem is. Dit het geblyk dat daar wel los pole was op die battery na ondersoek ingestel is. Verder ondersoek is ingestel. Dit het geblyk dat daar geen hidroliese of lugkoppelings ontkoppel was nie en dat die trok en waenes alles gekoppel en korrek was. Beheer het ‘n digitale afskrif van die trok bestuurder aangestuur. Die drywers is positief geidentifiseer. Beheer het fotos van die toneel aangevra. Fotos is deurgestuur. Dit het geblyk dat die gebeuere en verhaal sin maak en na my mening was daar nie ‘n kaping besig om plaas te vind nie. Dit is herlei. Beheer het my in kennis gestel dat ek kan afstaan. Tyd op toneel was ongeveer 40min. Ek het afgestaan en om 12:45 aan my lokale beheer melding gemaak dat ek veilig was, waarna beheer afgestaan het op die saak.

BAIE DANKIE

NCA NW Lichtenburg/Coligny Reaksie
Buffels/Rooipoortjie Plaaswag
Cobus van Tonder
SAPD Coligny
En alle ander betrokke partye