16 June 2022
07:55
Onderweg terug na Krugersdorp het NCA GP Reaksie lid op ‘n ongeluk afgekom. Die insittendes was wagte en al vier was beseer. Die besigheid waarvoor hulle werk is ook in kennis gestel nadat daar dadelik met Namola kontak gemaak is om die nodige nooddienste te ontbied. Die wagte se wapens is vir veiligheidsdoeleindes veilig bewaar en later op toneel aan die besigheid se bestuur oorhandig. Bystand is ook aangevra op GP Reaksie. Binne 5 minute was alle nooddienste op toneel. Al vier pasiënte is geneem na die Krugersdorp Privaat Hospitaal.
BAIE DANKIE
NCA GP Reaksie
Namola
SAPD
Ambulans dienste