05/07/2022
Bystand is aangevra van SAP aangaande ‘n situasie waar onwettige myners (Zamas) mense roof langs die pad waar hulle werksaam is. Die taak het feitlik die hele dag geduur om die buitelanders vas te trek.
Gedurende die oggend is 15 arrestasies gemaak. Twee verdagtes was gewapen, maar het in hulle gate gespring en kon nie vasgetrek word nie. Verdagtes is by Krugersdorp SAP toegesluit.
Tydens daardie middag is nog drie arrestasies gemaak.
BAIE DANKIE
NCA GP Krugersdorp, Gauteng Reaksie
Krugersdorp SAPD