Plaasaanval
Rhenosterfontein
Rustenburg
Om 23:24 op 2021/03/04 is Rustenburg Landelike Diens gekontak en meegedeel dat daar ‘n plaasaanval was op ‘n kleinhoewe te Rhenosterfontein. Lede van RLD en Buffelspoort Sekuriteit is ontplooi en SAPD is gekontak.
Toegang is verkry deur 4 aanvallers deur oop deur. Die verdagtes was gewapen met 2 handwapens (pistole) en mashetti.
Die bewoner is verras toe hy die deur wou toemaak, hy is vasgemaak en laat sit op die grond. Geen beserings is opgedoen nie.
Vermiste items is ‘n fiets, gereedskap en rekenaar skerem. Spore is gevolg tot vroeë oggend ure deur protospan. Lede van die gemeenskap is ook gevra om te help met die soektog na verdagtes, maar hulle kon niks vind agv digte bosse en lang gras.
Soektog is 03:30 afgelas.
Dossier is geopen en polisie ondersoek die saak.
Spesiale dank aan SAPD
BUFFEL SEKURITEIT
GERT ERASMUS NCA NW Reaksie
CHARL VISSER NCA NW Reaksie/RLD en die gemeenskap vir hul hulp en bystand