2. Poging tot kabel diefstal, Rustenburg, Noordwes
04/01/2021
Ons het ‘n boodskap ontvang 22:04, waar daar beweer word dat 3 mans besig was om lamppaal kabels te steel by Watsonia Rylaan Substasie op die hoek van Dr Maroko en Watsonia Rylaan.
Dawid Erasmus en Johan Cronje was eerste op toneel waarna die verdagtes gevlug het.
Bystand het opgedaag en die NW Reaksie K9 Eenheid het die honde ontplooi. Die spoor is gevolg tot by die Plastic land Nedersetting +/- 1.5 km van daar af.
As gevolg van vinnige optrede was daar nog geen kabels gesteel nie, maar die kabels was reeds oop gegrawe.
Reaksie staan af 23:43.
BAIE DANKIE
Dawid Erasmus NCA NW Reaksie/RCCF
Johan Cronje, Raadslid
Boet Vermaak NCA NW Reaksie & K9
Boela Vermaak NCA NW Reaksie & K9
Jurie Roberts NCA NW Reaksie
Jean Keyser, NCA NW Reaksie & K9/GPF/Raadslid
Willie Human NCA NW Reaksie & K9