‘n NCA Wes Kaapse Reaksie lid het een van sy vriende meer vertel oor wat NCA vir lede doen. Onder andere dat NCA hulle lede bystaan ten tye van enige nood, enige tyd en enige plek in Suid-Afrika.
Die vriend het weer sy vriendin daarvan vertel, wat op haar beurt weer haar familie daarvan vertel.
Op ‘n stadium het die familie kontak gemaak met die NCA WK Reaksie lid en bystand gevra, rakende die dame. Haar boodskappe en status op sosiale media was kommerwekkend en sy was van tyd tot tyd depressief.
Die NCA WK Reaksie lid het ingestem om te gaan bevestig of alles in orde was by haar.
Die motor was in die motorhuis, die huis was gesluit. Niemand het gehoor gegee aan die klop aan die deur nie. Die Reaksie lid het by die skoorsteun opgeklim tussen die braaiplek en die muur van die huis tot by tralie werk op die eerste verdieping. Daar was n skuif deur wat nie gesluit was nie. Die dame het haarself opgehang, die Reaksie lid het haar los gesny, haar pols was flou. Sy’t na 2 min bygekom. Familie is in kennis gestel en nodige reëlings is getref.
Van tyd tot tyd het die NCA WK Reaksie lid kontak gemaak met die dame en verneem na haar welstand.
Ongeveer 4 tot 5 maande later het die dame hom gekontak en navraag gedoen, hoe om te werk te gaan om ‘n Testament te laat opstel. Die nodige inligting is verskaf. Onrustig na die oproep het die NCA WK Reaksie lid haar status nagegaan en besef dat daar waarskynlik ‘n tweede poging tot selfmoord kon plaasvind. Hy het haar probeer skakel, maar dit was onsuksesvol. Bekommerd het hy uitbeweeg na haar woning en onderweg die SAPD in kennis gestel. Die SAPD was op toneel toe die NCA WK Reaksie lid by die huis arriveer. Hulle was nie by magte om in die huis in te gaan nie en die Reaksie lid het binne gegaan. Die SAPD is versoek om op te kom na haar kamer waar sy slaperig op die bed gelê het. Sy het medikasie geneem. Sy het geweier om hospitaal toe te gaan. ‘n Ambulans is ontbied. Die mediese personeel het gesê dat sy wakker gehou moet word tot 02:00 die volgende oggend. Dit was omstreeks 22:00. Die plaaslike hospitaal was ook vol van Covid gevalle. So teen 01:00 het die Ambulans personeel afgestaan op toneel. Die NCA WK Reaksie lid het by haar gebly en toegesien dat sy opstaan en rond loop en wakker bly. Na 02:00 staan hy af op toneel. Die volgende oggend het hy haar gekontak om op te volg. Sy het intussen die nodige hulp, behandeling en berading ontvang. Sy het twee verdere pogings aangewend. Die situasie word gemonitor.
BAIE DANKIE
NCA WK Reaksie lid
SAPD
Ambulans dienste