KZN Reaksie NCA
Suidkus
10:53
15/05/2023
Op 12/03/2023 ongeveer 07:23 het ‘n nood oproep op verskeie kanale op die Suidkus van KwaZulu Natal deur gekom vir ‘n moontlike verdrinking van ‘n kind. Die ouderdom van die kind is onbekend.
Om en by 07:25 het verskeie dienste wat Sekuriteit, Ambulanse en Polisie sowel as NSRI insluit, uitgegaan om die soektog te begin.
Volgens informasie ontvang, het 2 seuns met onbekende ouderdomme binne in die see gaan swem nadat hulle op vakansie Natal toe gekom het.
Die see het snaakse ty begin maak en die een seun ingetrek terwyl die ander een tot veiligheid kon swem.
Die soektog is toe gekanselleer as gevolg van weer wat omstandighede onmoontlik gemaak het.
Op dag 2 het ‘n Helikopter wat deur Airtrack gebruik die lugweë ingegaan om te help met die soektog, weer as gevolg van weer het die Helikopter gaan land omdat dit die see en lugweë belemmer in die soektog.
Nadat die reënbuie gesak het, het verskeie Sekuriteit Maatskappye Drone in die lug gestuur om spesifiek te gaan kyk na areas waar ‘n Helikopter nie kan gaan nie.
Die soektog en ongelukkig geen positiewe resultate behartig nie, dus duur die soektog aan.
NCA Reaksie lid wat deel is van die nood dienste is persoonlik betrokke by die soektog met noodvoertuig op bystand indien die liggaam gevind word en KPR en nood behandeling toegepas moet word.
Verskeie dienste wat insluit:
SAPS Search and Rescue, Maser Sekuriteit, Wolf Sekuriteit en Airtrack Extreme Solutions se Airwing is ook deeglik betrokke in die soektog.
Die hulp van NSRI (Nasionale See Reddings Instituut) help ook omdat hierdie mense hulle eie tyd opoffer om mense uit te help wat ter see uit is en wat nie gevind kan word nie.
Op 15/03/2023 om 07:40 het verskeie dienste en eenhede gevra vir die gebruik van vierwiel motorfietse om die strande te patrolleer in die soektog vir die kind.
Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.
Ons vra net vir gebede vir ‘n suksesvolle soektog en gee ons simpatie aan die ouers van die kind.