06/03/2022
06:45
Drie weke gelede het ‘n 37-jarige man verdwyn na hy vir vriende gesê het dat hy sy kar gaan laat was. Toe hulle bekommerd begin raak het hulle met sy ouers in verbinding getree en ‘n saak is aangemeld by SAPD.
‘n Soektog het begin.
Drie weke later en die NCA GP Reaksie lid, wat bystand gebied het tydens die saak, was ontbied om bystand te lewer in ‘n kaping saak in Kagiso. Opsoek na die voertuig het hy verby ‘n man gery en gestop, dit was die vermiste man en hy het hom opgelaai en na Krugersdorp SAPD geneem.
BAIE DANKIE
NCA Krugersdorp GP Reaksie
SAPD Krugersdorp
En alle ander wat bystand gelewer het