Maandag 25/01/2021
Om 01:29 ontvang Dawid Erasmus ‘n oproep van die eienaar van Plot 45 dat daar sopas by hom ingebreek is!
Dawid is soontoe en het vir bystand gevra op die Rietvlei/Donkerhoek Zello groep van NCA. Hy het intussen die spoor gevolg en gekry waar hulle toegang tot die erf gekry het deur n palisade paaltjie van n hek af te breek.
Die spoor was in die rigting van die N4. Intussen het Johan Wannenberg en sy seun Wian op die N4 gestop waar hulle Dawid ontmoet het! Ongelukkig kon hulle nie die rowers onder oë kry nie. Hulle is terug na die toneel waar hulle by Boet en Boela Vermaak aangesluit het. Dawid se vrou Silvia het hulle ingelig van wat plaasgevind het. Daar het mot reën geval. Dawid het SAPD ontbied via NAMOLA. SAPD was op die toneel en ‘n saak van huisbraak is oopgemaak. Forensies sou vandag kom vir vingerafdrukke en moontlik ‘n gips afdruk van die spoor. Ons staan af om 03:25.
BAIE DANKIE
NCA NW REAKSIE EN K9
Boet Vermaak
Boela vermaak
NCA NW REAKSIE
Johan Wannenberg en sy seun
Faan Swanepoel, Hoof NW Reaksie
Dawid Erasmus
Sylvia van RCCF
Namola
SAPD