Datum: 25 Januarie 2021
Tyd ontvang: 06:50am

Een van die NCA lede het die boodskap van ń dame ontvang dat dieselfde geel golf wat betrokke was by ń huis roof in Vink laan, Rustenburg op 20 Januarie 2021 gewaar is en steeds in oog is. Die informasie was met NCA gedeel en een van ons getroue Rustenburg NCA Reaksie mag lede het vlink reageer, SAPD gekontak en vir bystand gevra. Hy en SAPD het die geel golf daar betrap en die verdagte arresteer. By die stasie was verklaarings afgelê, ondervraagings en so meer was gedoen. Die tweede verdagte betrokke by die 20 Januarie 2021 se saak was ook opgespoor en arresteer. Ons hoop vir ń suksesvolle identifikasie van die verdagtes vir die nodige om te volg.
Versoek
“Kom ons kry die owerhede, instansies, groepe, publiek “almal” om eerstens in komunikasie te kom en te bly, saam te werk, teen misdaad! As die gemeenskap ingelig is gebeur dinge spoedig! Ek is seker daar is baie daarbuite wat wil betrokke raak en nie weet hoe of waar nie! Kom ons kry mense betrokke. Saam maak ons ‘n groter verskil!

BAIE DANKIE
– SAPD Rustenburg
– NCA NW Reasksie
– Rustenburg GPF Sektor 3
– RTB Emergency Assist groeps lede