Dawid Erasmus het Donderdag aand 28/01/2021 om 22:30 ‘n oproep ontvang van n eienaar van een van die plotte in die lae 190’s dat daar iemand is wat by ‘n venster in die huis probeer inkom! Dawie en Sylvia is na die toneel toe en ek het op die Donkerhoek/Rietvlei NCA Zello groep gevra vir bystand.
Jurie Robbertse en Johan Wannenberg het gereageer en Dawie het gevra dat een kar op die N4 gaan en kyk vir verdagte voertuie of persone! ‘n Ander voertuig het op die Donkerhoek/Rietvlei pad dieselfde doen! Dawie het met toestemming van die eienaar die plot betree en begin ondersoek in stel! Die venster was nog nie gebreek of stukkend nie. Ek kon geen spore kry of sien nie want die hele area is vol crusher klip. Hy het deur die hele eiendom gegaan maar kon ongelukkig niks of niemand kry nie! Dawie, Jurie en Johan het toe rondgery op die N4 en die Donkerhoek/Rietvlei pad op soek na enigiets of enigiemand verdags! Ongelukkig niks gekry nie.
BAIE DANKIE
Aan die inwoner wat ons in kennis gestel het
Dankie vir hulle hulp bystand en vinnige reaksie.
Ons Hemelse vader wat sy hand van beskerming oor ons almal gehou het.
Jurie Robberts NCA
Johan Wannenberg NCA
Sylvia Erasmus RCCF
En ook die ander persone wat saam met Jurie en Johan gekom het.
Dawid Erasmus NCA/RCCF.