GP Reaksie NCA

Op 26/6/2023 het ek ‘n oproep ontvang van ‘n Apteek.

Daar was ‘n 46 jarige dame wat in die apteek in mekaar gesak het en haar bewussyn verloor het.

Ek het via Namola ‘n Staats Ambulans ontbied.

Die vrou se man het om 10h49 by die Apteek aangekom en die dame wat nogsteeds bewusteloos was in sy voertuig gelaai en weg gery.

Hy wou nie sê waarheen hy haar neem nie.

Op toneel was ‘n dokter, Apteek se personeel en NCA-REAKSIE.