GP Reaksie NCA
Pretoria Wes

11 Mei 2023 omstreeks 10:45 ontvang n klagte vanaf n lid van Area Patrol ivm huisbraak in Kwaggasrand.

Area Patrol lede op toneel.

Op toneel vind ons as volg.

Hek met ketting en slot steeds gesluit.
Blompotte met lap blomme daarin op die stoep wat volgens Eienaar nie deur homself daar geplaas is nie.
Voordeur oop.
Binne die huis is ‘n groot gemors asof iemand trek en gemors agtergelaat is.  Boeke lê oral rond.
In die slaapkamer vind ons bloed teen die mure, ‘n mans persoon wat op die grond lê met erge kopwonde.
Buite op die Gras lê ‘n bebloede byl.

PW 11 EN PW 32 op toneel.

Gauteng Medical A1286 op toneel.

Saak oorhandig aan SAPD.

Beseerde persoon afgevoer na Kalafong Hospitaal.

12:43 onttrek vanaf die toneel.