NCA GP REAKSIE
Pretoria Wes.

2 September 2023
14:23

‘n Voertuig botsing vind reg voor ons plaas by ‘n robot in Industria weg Pretoria Wes Industrial area.

Verkeerslig was groen in ons guns.
Rooi Polo in linkerbaan swaai skielik uit vir ‘n Jeep wat oor die rooilig jaag en die Polo tref die lamp paal op die middel mannetjie.

Geen sigbare beserings op enige insittendes nie. Geen Ambulans nodig nie, kontak Metro Polisie per Namola.

MP 437 sowel as PW SAPD 13 op toneel.

15:09 onttrek vanaf die toneel.