NCA GP Reaksie
Pretoria Wes

05 Junie 2023 omstreeks 14:06 vra ‘n lid van ADT Sekuriteit vir bystand by huis inbraak te Danville.

Op toneel vind ons as volg.
Slot van hek geknip en van die spoor afgelig.

Agterdeur (hout deur) slot en deur self erg beskadig tydens poging om in te breek.

Huisalarm het afgegaan en die verdagtes het die aftog geblaas. Dis onbekend of hulle te voet of per voertuig was.

2 x honde het uitgehardloop in paniek toe alarm afgaan.

Niks is gesteel nie net skade.

Eienaar bevestig dat hyself die slotte sal vervang en deur herstel.

14:45 onttrek vanaf die toneel.