20 Junie 2022
16:00
NCA GP Reaksie lid is gekontak om ‘n ondersoek te loots na ‘n man wat die klaer R66 000 skuld.
Tydens die ondersoek is gevind dat die verdagte reeds verskeie sake teen hom het onder andere vir bedrog en aanranding.
Die verdagte is opgespoor en daar is gereël dat SAPD Roodepoort teenwoordig is tydens die arrestasie. Daar is reëlings getref vir ‘n oorplasing na Randfontein SAPD aangesien die betrokke saak daar aangemeld is.
NCA staan af op die saak.
BAIE DANKIE
NCA GP Reaksie lid betrokke
SAPD Roodepoort
SAPD Randfontein