NCA GP Reaksie
Pretoria Moot

Op 6 Desember 2021 is ‘n oproep ontvang dat daar iemand op haar Perseel is.
Op toneel het die NCA GP Reaksie lid Pretoria Moot SAPD ontbied. Hulle sowel as verskeie Gemeenskapslede het gehelp om die verdagte te arresteer waar hy in ‘n lid van die publiek se perseel weg gekruip het. ‘n Dame het ons ook gehelp met die uitkenning van die verdagte na sy ons vertel het dat die verdagte ‘n graaf in sy hande gehad het en gesê het sy moet stilbly anders maak hy haar dood, waarop sy toe om hulp geroep het. Die verdagte is na Pretoria Moot SAPD geneem.

Baie dankie vir almal betrokke