06/03/2022
Vermiste persoon wat in Kagiso gevind is, het NCA Krugersdorp GP Reaksie in kennis gestel dat sy voertuig steeds daar is, maar dat dit nie ‘n veilige plek is om heen te gaan nie.
Die nodige bystand is gereël en om 19:30 vertrek hulle vanaf die stasie. Die voertuig is gevind by die gegewe adres, maar die huis bewoner het hulle meegedeel dat die voertuig daar moet bly tot die eienaar haar die R5150 betaal, wat hy haar skuld, die skuld is bevestig.
Een van die Sekuriteits Firmas wat bystand gelewer het, het aangebied om die uitstaande skuld te betaal. Hulle sal die voertuig dan by hulle stoor tot die eienaar hulle terug betaal het. Die situasie is daardeur gered aangesien opstandiges opgedaag het. Hulle het beweer dat die eienaar se vriend, wat hom daar aangebring het, hulle geld skuld en dwelms. Die voertuig is verwyder, maar mandrax is gevind, oop en bloot, naby die rat hefboom. Die eienaar het ‘n ooreenkoms met die Sekuriteits Firma geteken en sy vriend is later die aand inhegtenis geneem vir onder meer dwelm besit.
BAIE DANKIE
NCA Krugersdorp GP Reaksie
Sekuriteits Firma wat bystand gelewer het en
SAPD