06/11/2021
11:12

NCA NW Reaksie Hoof stel NCA NW Ventersdorp Reaksie in kennis dat daar ‘n voertuig brand op die N14, naby Ventersdorp en aktiveer lid vir bystans op toneel. ‘n Virtuele baken is deurgegee en om 11:19 arriveer NCA Reaksie op toneel, brandweer was reeds daar en het vuur agterop die bakkie probeer onder beheer kry. Die eienaar van die voertuig en sy vrou was ook daar asook ‘n nabye plaas eienaar. Die bakkie het so 500m van die plaas af gestaan. Plaas eienaar het dadlik kom bystand gee, sy het die vrou na haar huis geneem, en later die seuns gestuur met water en koeldrank. Die eienaar van voertuig het met sy versekering gepraat, en insleep diens is gereël, asook SAPD wat verklaring kom vat het. Die plaas eienaar het ook kom help om van die vooraad oor te laai wat nie so erg beskadig was nie.
Polisie het verklaring kom neem en insleep diens het bakkie kom laai. Omstreeks 12:46 staan NCA NW Ventersdorp Reaksie af op toneel, nadat daar sekerheid was dat die bakkie eienaar in alle opsigte hulp verkry het. Hy het ‘n 2de voertuig ontbied van sy besigheid af, en die sou hom by die plaas eienaar se huis kry.

BAIE DANKIE

NCA NW Ventersdorp Reaksie
Brandweer
SAPD
Plaas eienaar en sy vrou vir hulle onbaatsugtige bystand