23/07/2021
18:56
Bystand word gevra vanaf Standerton. ‘n Wit Polo is gekaap en die slagoffer is ontvoer. Die verdagtes eis ‘n losprys. NCA MP Volksrust Reaksie staan by terwyl Inligting geverrifieer word. NCA MP Volksrust mobiliseer nadat besvestig is dat die voertuig rigting Volksrust beweeg het. Manne kom bymekaar om die beplanning van die situasie te bespreek. VTR bied ook hulp aan. Hoof MP Volksrust Reaksie maak seker dat alle voorsorgmaatreëls gehandhaaf word vir Reaksie lede se veiligheid, aangesien dit onseker is hoeveel persone in die voertuig is en daar geen inligting is of hulle bewapen is of nie. Perdekop pad word gery deur bystand om te verseker dat die voertuig nie daar afdraai nie en om moontlik agter die voertuig in te kom rigting Volksrust. Daar word ook verkenners uitgestuur om uit te kyk vir die voertuig om vooraf waarskuwing deur te stuur vir die manne wat vas staan by Volksrust. Amersfoort word op bystand geplaas. Twee van MP Volksrust Reaksie lede is op pad om bystand te lewer, hulle was uit op ‘n saak. Verdagtes het probeer om ‘n perd te steel. Eienaar is besig om die drade te herstel. Security Secure Life was saam met hulle op toneel en bied bystand aan.
Opdateering van situasie: Die voertuig het Standerton verlaat rigting Volksrust, Kameras word gemonitor by alle paaie wat afdraai, geen voertuig het afgedraai nie. Amersfoort staan by, ook geen gewaaring op die kameras nie. Moontlik het die voertuig terug gedraai rigting Standerton. Staan vas vir ‘n verdere 15 minute.
NCA MP Volksrust Reaksie is op bystand indien daar nuwe inligting ontvang word, staan vir eers af op saak.
TERUG VOER OP SAAK 24/07/2021
SAPD bevestig dat voertuig steeds vermis word, maar dat die slagoffer omstreeks 22:00 in Balfour afgelaai is, hy is veilig by die polisie stasie.
BAIE DANKIE
NCA MP Volksrust Reaksie
Volksrust Tactical Response
Volksrust SAPD
Amersfoort Reaksie
Security Secure Life
Kasselman Sekuriteit